Ons vervaardig en lewer
Kwaliteit Veehanterings-toerusting
Kontak ons vandag vir die nuutste produkte en pryse op al die toerusting wat ons vervaardig.
Toerusting
Ons produkte
01.
Beestoerusting
Die ontwerp en vervaardiging van die beestoerusting is geskoei op kragtige ontwerpe en kwaliteit materiaal word gebruik vir die vervaardiging.
02.
Skaap- en boktoerusting
Ons unieke ontwerp vir die kleiner vee maak die hantering van die vee soveel makliker.
03.
Nuttige toerusting
Ons spesialiseer ook in ander ontwerpe vir gebruik op die plaas / kleinhoewe.
Algemene inligting
- Die wydte van die drukgang is 700mm
- Die wydte van die kalfdrukgang kan verstel word na 500mm
- Drukgang lengtes kan aangepas word in 3m seksies volgens u behoeftes
- Volledige drukgange word elke 1.5m met penne in die grond geanker
- Koppelstukke word elke 1.5m aangebring om stabiliteit te verseker
- Kraalstutte word elke 3m tussen kraalhekke aangebring om stabliliteit te verseker
- Vir 50 beeste benodig u ongeveer ‘n 9m drukgang en 10-14 hekke
- Krale word ontwerp volgens elke boer se behoefte
- Afleweringskostes is uitgesluit
- Verandering van produkte en pryse kan geskied sonder kennisgewing





































